Pragtige en netjiese 3 slaapkamer ( loft ) woonhuis binne loopafstand van die strand.
Description
Hierdie huis is tipies weskus, 3 kamers ( waarvan een 'n loft vertrek is ), met 1.5 badkamers wat uiters modern afgerond is. Die kombuis, sit/eetkamer is oopplan en loop ook in 'n spens / wasgoedkamer in. Die onderdak braai vertrek is ongelooflik mooi en "cozy" en loop uit op die stoep waar daar net nog meer ruimte is vir onthaal, terwyl die tuin se skoonheid jou omring. Die lieflike huis is binne loopafstand van Golden Mile se strand en is perfek vir 'n vakansie huis of 'n permanente woning. Die bure is vriendelik, en die area word goed onderhou. Slegs 5 minute van Shelleypoint se 9 gatjie golfbaan af, en 1uur en half van kaapstad, is dit die ideale belegging. As jy in die weskus wil belé en 'n huis soek wat modern en gerieflik is en stapafstand van die strand af is, moet jy beslis hierdie huis 'n goeie kans gee. Dit is die ideale familie huis, sowel as 'n uitstekende vakansiehuis aangesien die area veilig is en hier redelik baie vakansiegangers nou hier kom belé! NOTE: St Helena Bay – also known as “Die Agterbaai” – is one of the world’s prime fishing centres. Fed by the nutrient-rich Benguella current, the waters teem with marine life and provide the livelihood for its coastal inhabitants.