Priced to sell...this plot offers lovely seaview and is centrally located, also close to harbour.
Description
Baie oulike erfie, hoek erf met 'n uitsig oor die sandypoint hawe en see, sentraal gelee, naby aan al die winkels. Daar is ook 'n baie gewilde restaurant naby. Die erf is perfek vir 'n paartjie wat nou huisie wil opsit of vir 'n paartjie wat wil aftree aangesien dit in 'n veilige area is en ook sentraal so vir ouer paartjies is die winkeltjies baie naby en wat sal beter wees om lekker op die stoep te sit saans en oor die see uit te kyk en die son te sien opkom soggens oor die see en weer die oranje wonderwerk te sien afgaan agter die see saans. Dit is die enigste plek in Suiderlike Afrika waar die gebeurtenis te sien is en maak dit juis ons dorpie so uniek van al die res. Die hospitaal is naby, 20 minute se ry van hier af, hier is op die dorp ook 'n dokters spreekkamer. Die hawe uitsig is baie mooi, jy sien hoe die bote inkom en uitkom met hulle vangs vir die dag en jy sien ook gereeld dolfyne hier speel. NOTE: St Helena Bay – also known as “Die Agterbaai” – is one of the world’s prime fishing centres. Fed by the nutrient-rich Benguella current, the waters teem with marine life and provide the livelihood for its coastal inhabitants. The main harbour at Sandy Point bustles with activity and shipbuilders and fishermen rub shoulders as they go about their daily work.